Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,
Ek weet dat jy daarvan sal hou om oor Marie se ruimhartigheid te lees, want dit weerspieël ook wat in jou hart is!
Dit het my ook herinner aan Abraham se ruimhartigheid in Genesis 18. Toe die drie mans by sy tent aangekom het, het hy vir hulle ʼn feesmaal voorberei met ʼn jong kalf, melk, en roosterkoeke gemaak uit 16 kilogram meel. Dit alles vir net drie mense!
As jy saam met my sou reis na die Midde-Ooste, Afrika en Asië, dan is dít die tipe ruimhartigheid wat jy van ons Christenfamilie sal ondervind. Hulle wil die bietjie wat hul het, of wat hul pas ontvang het, met jou deel. Wat hulle van jou af ontvang, hul broers en susters in Christus, sien hulle as iets wat hul van die Here af ontvang – so hulle deel dit met liefde uit ʼn dankbare hart.
Die hartseer is, dat namate vervolging toeneem om die wêreld, neem hul behoeftes ook toe. Terwyl ons Wêreldwye Somersaanslag tot ʼn einde kom, spoor ek jou aan om by ons aan te sluit en ons op ’n groothartige wyse te help om die R10,723,265-doelwit te bereik teen 28 Februarie. Help ons asseblief sodat ons vir húlle ʼn “feesmaal kan voorberei”.
Dankie vir jou gebede en dat jy dit wat jy het met ons vervolgde familie deel! Jy help so baie soos Marie, wat gesê het, “Dankie! Wat ons sopas ontvang het, dit is God wat dit gegee het. Ek dank God vir hierdie geskenk, en mag Hy julle seën. Hou asseblief aan om in te tree vir ander.”
God seën jou!
Saam in Sy diens,
Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika