Skip to content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

Regdeur hierdie jaar het ons vervolgde broers en susters geveg “teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efesiërs 6:12).

Maar gelukkig was dit gedurende daardie tye wat jy saam met hulle gestaan het deur jou vennootskap en hulle opgelig het, sodat hulle die vervolging kon weerstaan. Elke gebed en geskenk wat jy goedgunstiglik gemaak het en elke bemoedigende brief wat jy gestuur het, het ʼn reuse verskil in hul lewens gemaak.

Of dit was om verhongerde Christene in Noord-Korea te help voed of om die volgende generasie Indonesiese Christene te versterk, jy het ʼn helpende hand uitgereik om te verseker dat hulle nie net oorleef nie, maar ook floreer in hul geloof.

Namens ons vervolgde familie, dankie vir die liefde, ruimhartigheid en empatie wat jy regdeur die jaar aan hulle bewys het. Jou ondersteuning het gehelp om Christenmans, -vrouens en -kinders te versterk om God se Koninkryk uit te bou in van die mees afgeleë en donkerste plekke in die wêreld.

Ek is waarlik dankbaar vir jou toewyding om ons brawe broers en susters op die frontlinies van die geloof te dien.

Namate jy vir die Kersseisoen voorberei, mag die Here jou en jou geliefdes in oorvloed seën met Sy liefde en sorg – en mag hierdie Kersfees vol van Sy vreugde en vrede wees.

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Onthou om in Januarie uit te kyk vir die aanlynvrystelling van die 2019 Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys.

Back To Top
Soek