Skip to content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

Wanneer jy die getuienisse van vervolgde Christene lees, hoop ek dat jy, soos ek, ook deur hul vreugde geraak word.

Hoe verduur hulle hongerte, aanvalle en soms marteling op ʼn daaglikse basis? Hoe is hulle in staat om hulself te verbly te midde van sulke beproewinge?

Jy kan die antwoord vind in Romeine 5:1-5 (1983 Vertaling)…

“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” (klem bygevoeg)

Hierdie getroue, toegewyde Christene maak geheel en al staat op God die Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is daardie karakter wat Christus verheerlik wat ook hoop kweek. Hoop dat Christus eendag verseker ʼn einde tot al hul lyding sal bring.

Wanneer ek hieraan dink, besef ek watter kritiese rol ons as Christene in die “vrye wêreld” in hul lewens speel…

Jou gebede en ondersteuning help ons broers en susters in plekke soos Noord-Korea om nog ʼn dag onder ʼn wrede diktatorskap te verduur, en in die Filippyne om weer met hul lewens te begin nadat hulle deur terroriste aangeval is.

Dankie dat jy vir hulle in die bres tree deur jou gebede en ondersteuning! Op hierdie manier, bou jy saam aan hul volharding, hul karakter en hul hoop!

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek