skip to Main Content

Ramadan is die negende maand van die Islamitiese kalender waartydens Moslems vas en bid in ʼn poging om hulself tot Allah te nader. Moslems glo dat die eerste openbaring van die Koran tydens Ramadan aan Mohammed gegee is.

Moslems is dikwels in hierdie tyd meer toegewyd en vurig oor hul geloof. As ʼn resultaat hiervan, word ekstremistiese uitings van Islam ook dikwels meer gewelddadig. Vervolging teenoor Christene wat in Islamitiese lande woon verskerp ook tydens die maand van Ramadan.

Gedurende Ramadan nooi ons Christene uit om nie net vir Christene te bid wat vervolging ervaar nie, maar ook vir die 1,8 miljard Moslems om die een ware God te ontmoet.

Back To Top
×Close search
Soek