skip to Main Content

GELEENTHEDE VIR VRYWILLIGERS

Kerkverteenwoordiger

Ons het nodig dat Suid-Afrikaanse kerke verenig in gebed – vir Christene wat ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie. Stel jouself voor hoe jou kerk groei in geloof terwyl julle bid, want God is besig om Sy Kerk te bou in die aangesig van vervolging. Dink net wat die impak kan wees…

Jy kan ʼn verskil maak…

Ons visie is om die vervolgde Kerk op die agenda van elke kerk in Suid-Afrika te sien. Ons mandaat moet wees om in gebed te staan en ons vervolgde familie te ondersteun. Maar hierdie visie kan slegs ʼn realiteit word deur mense soos jy, wat antwoord op die roeping om ʼn Kerkverteenwoordiger te word. Jy kan die skakel wees tussen jou plaaslike kerkfamilie en ons vervolgde familie wêreldwyd.

Jy mag dalk alreeds onwetend hierdie rol speel!

Indien jy…

  • ʼn Mense-mens is;
  • Aktief betrokke is by jou kerkgemeenskap;
  • Geleenthede kan identifiseer om ʼn verskil te maak en dit optimaal benut;
  • Aangespoor word deur ʼn uitdaging;
  • Ervaring het in die lei van gebedsbyeenkomste;
  • ʼn Uitstekende vermoë het om met groepe te kommunikeer of ʼn saak aan te voer.

Miskien wil jy…

  • Ander fasiliteer om meer te bid vir vervolgde Christene;
  • Maniere vind om jou kerk meer bewus te maak van die vervolging wat Christene regoor die wêreld verduur;
  • Ander inspireer om hul stemme by kritiese voorspraakveldtogte en petisies te voeg;
  • Finansiële hulp vra wanneer dit geleë is;
  • Persoonlike ondersteuning en bemoediging van jou plaaslike pastoor, kerk- of selgroepleier hê.

Administratiewe Helper

Is Johannesburg om die draai van jou af? Het jy ekstra vryetyd? Sien jy die waarde in die details en hou jy daarvan om op die regte tyd op die regte plek te wees?

Jy kan ʼn verskil maak…

Ons kantoor in Johannesburg stuur groot hoeveelhede dringende gebedsmateriaal en hulpbronne uit aan ondersteuners regoor Suider-Afrika. Maar ons kan dit nie op ons eie doen nie. Ons sal verlore wees sonder die ekstra paar hande wat ons uithelp met algemene kantoortake soos om munte te tel, briewe te pos of om oproepe te maak.

Indien jy…

  • Kan fokus op die betrokke taak;
  • Iemand is wat dit geniet om die las vir ander ligter te maak en om deel te wees van ʼn span;
  • Net so netjies kan wees met die 500ste hulpbron-pakket, as wat jy was met die eerste een;
  • Gelukkig is om instruksies uit te voer, maar met takt enige inkonsekwentheid kan uitwys sodat ons dit kan regmaak;
  • Vorige ervaringe het met algemene administrasie, data-vaslegging of liassering.

Miskien wil jy…

  • Ons kantoorspan help om hulpbronne en inligting by ons ondersteuners uit te kry;
  • Hulpbronpakkette pak of koeverte vul;
  • ʼn Gereelde aantal ure per week of maand kom help, of eenvoudig in kennis gestel word wanneer daar baie is wat gedoen moet word.

Indien jy egter in ʼn ander provinsie van Suid-Afrika woon en steeds voel jy wil betrokke wees, kan jy ons skakel op 011 888 9341, of “ADMIN” SMS na 44641 sodat ons jou kan kontak met die nodige besonderhede en vereistes.

Ek wil ʼn Geopende Deure-vrywilliger wees

Voltooi asseblief die vorm en ons sal na jou toe terugkom.

  • Plaas dokumente hier

    “Like and Share” Vrywilliger

    Hier is ʼn baie eenvoudige manier waarop jy ʼn verskil kan maak…

    Dien die vervolgde Kerk uit die gemak van jou eie huis! Dis ʼn geleentheid binne jou bereik!

    Jy vervul dalk reeds hierdie rol, sonder dat jy dit eers weet!

    As jy aktief is op Facebook, Twitter, Instagram, ens. kan jy die gebedsversoeke wat uitgestuur word op Geopende Deure se sosialemedia-platforms vermenigvuldig deur bloot ons daaglikse plasings te “like” en te “share”.

    Dit is só eenvoudig! Die enigste vereiste is om ons op sosialemedia te volg en dan te begin “share”!

    Back To Top
    ×Close search
    Soek