Registreer as ʼn BIBLEGIVERS 4THEM-atleet
- REGISTREER BY GEOPENDE DEURE: Sodra jou Geopende Deure registrasie verwerk is sal jy ʼn borgnommer ontvang, asook ʼn brief wat jy aan potensiale borge kan gee.
- REGISTREER VIR ‘N WEDLOOP: Besluit waaraan jy graag wil deelneem en registreer daarvoor.
- KRY BORGE: Vra individue, jou kerk, of jou selgroep om jou te borg vir die spesifieke byeenkoms waaraan jy gaan deelneem. Borge sal hul donasies direk aan Geopende Deure kan oorbetaal. (Die nodige inligting hiervoor sal voorsien word in die registrasiebrief wat jy sal ontvang.)
- OEFEN: Om te oefen is natuurlik een van die belangrikste dinge voor enige wedloop, maar moenie vergeet om borge in te samel terwyl jy oefen nie!
- GENIET DIT: Maak ʼn verskil deur jou byeenkoms, wedloop of wedren vir die vervolgde Kerk te voltooi.
Registrasievorm
Borg ʼn BIBLEGIVERS 4THEM-atleet
Sonder die kennis en wysheid van God se Woord, het baie gelowiges nie die krag om sterk te staan wanneer hulle vervolging en lyding in die gesig staar nie.
Maar jy kan ʼn blywende impak maak op die groei van ons vervolgde broers en susters om die wêreld heen. Borg ʼn BIBLEGIVERS 4THEM-atleet vandag! Sodoende, help jy ons om ons vervolgde familie meer doeltreffend te bedien.
Voltooi asseblief die onderstaande vorm, en gebruik BIBLEGIVERS as jou verwysing. Indien jy die atleet wat jy wil borg se verwysingsnommer ken, kan jy dit kies uit die voorsiende lys.