Geskenk 6: Voorsien ontwortelde en vlugteling-gelowiges van bystand en skuiling
R305.00 – R1,110.00
Jou geskenk vandag kan noodleniging en noodskuiling aan ontwortelde of vlugtelinggelowiges verskaf. Dit kan onder andere aan die mense van Bybels voorsien en bystand verleen wanneer hulle uit hul huise moet vlug.
Beskrywing
Die rede waarom elke individu vlug, is uniek. Dit kan gebeur weens konflik, natuurrampe, vervolging en ʼn magdom ander faktore. In baie gebiede is die ontworteling van Christene ʼn doelbewuste en beplande strategie van godsdienstige vervolging om die Christelike geloof te kelder. Dit is opsetlik en kan deel wees van ʼn groter strategie om Christenskap heeltemal in dorp, streek of land uit te roei.
Ontworteling vervreem mense en gesinne van sosiale en gemeenskapsnetwerke, wat een van die grootste bedreigings vir die veerkragtigheid van Christene en hul identiteitsgevoel is. Wanneer jy ʼn ontwortelde Christen bystaan of ondersteun om ʼn ander blyplek te kry, help jy om gemeenskappe, gesinne en die Kerk om te herstel sodat hulle veerkragtig kan wees.
“Ek bedank elke broer en suster wat bygedra het om ons op een plek te kry en ons herenig het om saam in ʼn huis te woon. Ons dank God dat julle by ons gestaan en my na veiligheid gebring het,” het Adam*, ʼn vervolgde gelowige wat deur Geopende Deure gehelp is om saam met sy gesin na ʼn veiliger land te trek, gesê.
Jou geskenk vandag kan noodleniging en noodskuiling aan ontwortelde of vlugtelinggelowiges verskaf. Dit kan onder andere aan die mense van Bybels voorsien en bystand verleen wanneer hulle uit hul huise moet vlug.
R305 kan een ontwortelde gelowige van noodskuiling voorsien.
R400 kan een ontwortelde predikant in ʼn afgeleë gebied van ʼn Bybel voorsien.
R1 110 kan een Christen-vlugteling van noodleniging en ʼn veilige blyplek voorsien.
*Skuilnaam gebruik.
**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.
Additionele Informasie
Gift | R305 kan een ontwortelde gelowige van noodskuiling voorsien, R400 kan een ontwortelde predikant in ʼn afgeleë gebied van ʼn Bybel voorsien, R1 110 kan een Christen-vlugteling van noodleniging en ʼn veilige blyplek voorsien |
---|