skip to Main Content

Geskenk 6: Verdedig en soek geregtigheid vir vervolgde gelowiges

R350.00R1,480.00

Vervolgde gelowiges word dikwels deur hul vervolgers vals beskuldig van dinge soos laster teenoor ander godsdienste se gode, diefstal of selfs seksuele aanranding – alles as ʼn manier om hulle in die moeilikheid te kry. Hierdie insidente lei daartoe dat Christene beboet word, in die tronk gegooi word of hofsake in die gesig staar. In baie gevalle ken Christene nie hul wettige regte nie, of het hulle nie die vermoë om hulself te verdedig nie.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Raju*, Ankita* en ander gelowiges is aangeval terwyl hulle in dié paartjie se huis bymekaar gekom het. Geopende Deure se vennote het hulle bygestaan met regshulp, asook om ʼn verslag in te dien en vergoeding vir hul mediese rekeninge te eis. “Ek wil Geopende Deure en hul vennote bedank vir hul hulp tydens ʼn baie moeilike fase van ons lewens. Veral julle hulp met die regsake was noodsaaklik, want ons het nie oor die nodige wetlike kennis beskik nie,” sê Raju.

Verdedig en soek geregtigheid vir vervolgde gelowiges deur jou Geskenk van Hoop. Dit kan hulle voorsien van regsbystand en opleiding om hul wetlike regte te ken wanneer hulle aangeval word, in die tronk gegooi word, teenkanting kry of diskriminasie ervaar.

R350 kan help om internasionale bystand vir slagoffers van vervolging te mobiliseer.
R500 kan kerkleiers toerus om te weet hoe om vervolgde gelowiges te verdedig en namens hulle te praat.
R1 480 kan een gelowige oplei oor hul regte as ʼn Christen wanneer hulle vervolging ervaar.

*Name weens sekuriteitsredes verander.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Additionele Informasie

Gift

R350 kan help om internasionale bystand vir slagoffers van vervolging te mobiliseer, R500 kan kerkleiers toerus om te weet hoe om vervolgde gelowiges te verdedig en namens hulle te praat, R1 480 kan een gelowige oplei oor hul regte as ʼn Christen wanneer hulle vervolging ervaar

Back To Top
×Close search
Soek