Geskenk 9: Skenk sodat vervolgde gelowiges hul eie Bybels kan besit
R160.00 – R830.00
Deur vandag ʼn geskenk te gee, sal jy help met die verskaffing, druk en verspreiding van fisiese, oudio- of digitale Bybels aan gelowiges in hul eie taal. Jy sal help om hulle geloof te versterk en die besit van ʼn eie Bybel sal help om hul geloofsreis te ondersteun.
Beskrywing
Die Woord van God bly ʼn lamp vir ons voete, ʼn lig vir ons pad en gee ons vrede en vertroosting wanneer ons die lewe se struikelblokke in die gesig staar. Nie alle gelowiges het toegang tot Bybels nie en talle besit steeds nie een nie. In sommige lande is die besit van ʼn Bybel onwettig, of is dit nie beskikbaar of in ʼn verstaanbare taal verkrygbaar nie. Gelowiges is dus verheug wanneer hulle Bybels ontvang en koester dié geskenk soos goud.
ʼn Geopende Deure-werker in Afrika wat gehelp het om Bybels onder jongmense te versprei, het eerstehands die Boek se kosbaarheid ervaar, asook die belangrikheid daarvan om dit meer toeganklik te maak sodat gelowiges in hul geloof kan groei. Dus is hy só dankbaar vir jou ondersteuning om Bybels aan gelowiges beskikbaar te stel. ” Ek dank julle vir jul bydrae om die Koninkryk van God te versprei,” het hy gesê.
Deur vandag ʼn geskenk te gee, sal jy help met die verskaffing, druk en verspreiding van fisiese, oudio- of digitale Bybels aan gelowiges in hul eie taal. Jy sal help om hulle geloof te versterk en die besit van ʼn eie Bybel sal help om hul geloofsreis te ondersteun.
R160 kan een gelowige van ʼn Bybel in hul eie taal voorsien.
R400 kan een gelowige van ʼn oudio- of digitale Bybel voorsien.
R830 kan een gelowige wat ʼn Geopende Deure-geletterdheidsklas bywoon, met ʼn Bybel bereik.
*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.