skip to Main Content

Geskenk 9: Gee hoop aan vervolgde gelowiges in Afrika

R320.00R25,450.00

Volgens navorsing sal ses van die lande met die top 10 grootste Christen-bevolkings teen 2060 in Afrika wees. Met dit in gedagte, moet ons ons familie op die Afrika-kontinent bystaan. ʼn Drastiese toename in geweld weens Islamitiese militante, wat talle Christene in Afrika ontwortel het, is die afgelope paar jaar ervaar.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Volgens navorsing sal ses van die lande met die top 10 grootste Christen-bevolkings teen 2060 in Afrika wees. Met dit in gedagte, moet ons ons familie op die Afrika-kontinent bystaan. ʼn Drastiese toename in geweld weens Islamitiese militante, wat talle Christene in Afrika ontwortel het, is die afgelope paar jaar ervaar.

Anna moes van haar huis vlug toe Moslem-Fulani-militante haar dorp in Nigerië aangeval het. In haar tyd van nood het sy gesê: “Ons het met ernstige hongerte saamgeleef. Maar God het Sy kinders gestuur. Julle het vir ons kos gebring… nou kan ek myself en my kinders voed, waaroor ek baie gelukkig is. Mag God julle ryklik seën.”

Gee hoop aan vervolgde gelowiges in Afrika deur hulle by te staan met klere en komberse wanneer hulle ontwortel word, akkommodasie in ʼn skuilhuis wanneer hulle moet vlug en vervolgingsvoorbereidheid-opleiding deur jou Geskenk van Hoop.

R320 kan een ontwortelde gelowige van klere, komberse en mediese ondersteuning voorsien.
R900 kan bydra om verblyf in ʼn skuilhuis aan een gelowige in die Horing van Afrika te voorsien.
R25 450 kan ʼn gelowige in Mosambiek die geleentheid gee om vervolgingsvoorbereidheid-opleiding by te woon

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Back To Top
×Close search
Soek