Geskenk 8: Neem aksie deur gelowiges te ondersteun wat gewelddadig vervolg word
R150.00 – R970.00
Gaan oor tot aksie deur gewelddadig vervolgde gelowiges vandag met jou geskenk te ondersteun. Dié gebaar kan hulle bemoedig, kameraadskap verskaf en help om meisies deur onderrig te beskerm. Dit kan ʼn gelowige ook van broodnodige bystand voorsien, insluitende regshulp en besoeke wanneer vervolging plaasvind.
Beskrywing
Neem aksie deur gelowiges te ondersteun wat gewelddadig vervolg word
As gelowiges deel ons dieselfde geloof in Jesus Christus, waar verskille in taal en etnisiteit grense verbreek. Alhoewel ons dieselfde geloof deel, is ons lewens en vryhede verskillend. In lande op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys staar gelowiges gewelddadige vervolging in die gesig. Hier word hulle geslaan, in die tronk gemartel en selfs vermoor omdat hulle in Christus glo en die Evangelie deel.
As een liggaam is ons vir mekaar verantwoordelik en geroepe om by mekaar te staan wanneer ons beproewings in die gesig staar. Hebreërs 13:3 herinner ons hieraan: “Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word asof julle self ook mishandel word.”
Gaan oor tot aksie deur gewelddadig vervolgde gelowiges vandag met jou geskenk te ondersteun. Dié gebaar kan hulle bemoedig, kameraadskap verskaf en help om meisies deur onderrig te beskerm. Dit kan ʼn gelowige ook van broodnodige bystand voorsien, insluitende regshulp en besoeke wanneer vervolging plaasvind.
R150 kan 30 gelowiges in gevaarlike gebiede toegang gee tot ʼn aanlyn platform vir kameraadskap en bemoediging.
R300 kan help om vyf meisies te beskerm deur hulle paraat te maak oor ontvoering en gedwonge huwelike.
R970 kan een vervolgde gelowige van besoeke, finansiële en regshulp voorsien wanneer vervolging plaasvind.
**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.