skip to Main Content

Geskenk 8: Bemagtig vervolgde gelowiges in Indië om ʼn lig vir Christus te wees

R350.00R2,230.00

In Indië, die wêreld se grootste demokrasie, word gelowiges nie net deur die pandemie geraak nie, maar ook deur ekstremiste wat daarna streef om die Christendom in dié land uit te wis. Hindoe-ekstremiste gebruik propaganda teen Christene en leuens om ander aan te hits tot aggressiewe diskriminerende aksies en gewelddadige vervolging.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

In Indië, die wêreld se grootste demokrasie, word gelowiges nie net deur die pandemie geraak nie, maar ook deur ekstremiste wat daarna streef om die Christendom in dié land uit te wis. Hindoe-ekstremiste gebruik propaganda teen Christene en leuens om ander aan te hits tot aggressiewe diskriminerende aksies en gewelddadige vervolging.

Aman*, ʼn pastoor in Indië wat baie mense in sy dorp tot geloof gelei het, is afkomstig van ʼn familie waar niemand goeie werk gehad het nie. Hulle het dikwels gesukkel om te oorleef. ʼn Geopende Deure-vennoot het van hulle situasie gehoor en hulle vir ʼn kursus in die maak van gloeilampe gestuur. “Ek wil Geopende Deure en dié organisasie se vennoot bedank vir die geleentheid om die vaardighede aan te leer om LED-gloeilampe te maak en om ʼn klein onderneming te begin. Dit het ʼn groot verskil in ons lewens gemaak,” sê Aman.

Jy kan vervolgde gelowiges in Indië toerus om ʼn lig vir Christus te wees deur jou Geskenk van Hoop. Dit kan hulle help met dinge soos ʼn verligtingspakket, ons spanne in staat stel om daar vir hulle te wees wanneer hulle vervolging ervaar en hulle met beroepsopleiding help om ʼn onderneming te begin.

R350 kan een vervolgde gelowige van ʼn noodlenigingspakkie voorsien.
R840 kan ʼn noodreaksiespan toerus om noodhulp en bystand aan slagoffers van geweld te lewer.
R2 230 kan plek by ʼn beroepsopleidingskursus vir een gelowige borg.

*Name weens sekuriteitsredes verander.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek