skip to Main Content

Geskenk 7: Herstel vervolgde gelowiges se waardigheid deur sosio-ekonomiese projekte

R245.00R10,945.00

In baie plekke waar vervolgde gelowiges bly, is hulle van die gemeenskap se ondersteuning afhanklik om te oorleef. Wanneer iemand ʼn Christen word, verloor hulle egter hierdie ondersteuning. Hulle word toegang tot gemeenskapshulpbronne soos skoon water of werk geweier, of kan selfs hul werk verloor, weens hul Christelike geloof. Wanneer dit gebeur, ervaar hulle bespotting en skaamte.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

In baie plekke waar vervolgde gelowiges bly, is hulle van die gemeenskap se ondersteuning afhanklik om te oorleef. Wanneer iemand ʼn Christen word, verloor hulle egter hierdie ondersteuning. Hulle word toegang tot gemeenskapshulpbronne soos skoon water of werk geweier, of kan selfs hul werk verloor, weens hul Christelike geloof. Wanneer dit gebeur, ervaar hulle bespotting en skaamte.

Kasem, ʼn dagarbeider in Bangladesj, kon tydens die pandemie nie gaan werk om vir sy familie te voorsien nie. Geopende Deure het hom bygestaan met noodsaaklike voedselhulp en twee bokke aan hom verskaf om ʼn bokboerdery te begin. “Ek het magteloos gevoel as ʼn vader en man, en my frustrasie het daagliks toegeneem. Sonder julle ondersteuning sou dit baie moeilik vir my gewees het om kos aan my familie te voorsien,” sê hy.

Wanneer vervolgde gelowiges ekonomiese probleme weens hul geloof en sosiale posisie ervaar, kan jou Geskenk van Hoop hul waardigheid herstel deur sosio-ekonomiese projekte soos om skoon water, ʼn volhoubare inkomste of opleiding in mikro-finansiering om ʼn besigheid te begin, aan hulle te voorsien.

R245 kan een gelowige toegang gee tot skoon water.
R700 kan een gelowige ondersteun om ʼn volhoubare inkomste te genereer.
R10 945 kan een gelowige met mikro-finansiële opleiding bemagtig om hul families te kan ondersteun.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek