skip to Main Content

Geskenk 5: Voorsien dringende hulp aan slagoffers van gewelddadige vervolging

R250.00R1,500.00

Die lewe is uiters moeilik vir gelowiges in plekke waar hulle, te midde van ander maatskaplike kwessies, gewelddadige vervolging weens hul geloof in die gesig staar. In Noord-Korea ervaar gelowiges probleme soos voedseltekorte saam met ernstige vervolging, en die pandemie het hul uiters moeilike omstandighede self nog erger gemaak. “Hierdie situasie is soos die hel – iemand wat dit nie ervaar nie, kan dit nie voorstel of verstaan nie,” sê een boodskap vanaf Noord-Korea.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Gebede en ondersteuning is soos ʼn reddingsboei vir vervolgde gelowiges in sulke plekke. “God versorg ons met Sy ewigdurende liefde. Ek wil die internasionale gelowiges bedank. Ek bedank julle uit die diepte van my hart as ʼn verteenwoordiger van die ondergrondse Noord-Koreaanse Kerk.”

Jou Geskenk van Hoop kan verligting bring vir slagoffers van gewelddadige vervolging deur sosiale ontwikkelingsinisiatiewe om gemeenskappe wat kwesbaar is vir vervolging, toe te rus met vervolgingsvoorbereidheid-opleiding om hulle te midde van vervolging te versterk en noodleniging te verskaf waar nodig.

R250 kan help om projekte te dryf wat Christen-gemeenskappe in landelike gebiede teen geweld beskerm.
R640 kan een kerkleier toerus om gelowiges te leer en te lei om sterk te staan teen vervolging.
R1 500 kan vyf Noord-Koreaanse gelowiges aan die lewe hou met dringende hulp.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek