Geskenk 4: Help gelowiges om van vervolgingstrauma te genees
R305.00 – R1,630.00
Jy kan hulle vandag help om die genesingsreis te begin. Deur jou geskenk kan jy gelowiges ondersteun om van die trauma van vervolging te herstel. Jou bydrae kan versorgers in staat stel om traumasorg- en beradingsopleiding te ontvang, of help om ʼn traumagenesingskamp vir kinders te bestuur.
Beskrywing
Vervolgde gelowiges wat aan lewensveranderende ervarings blootgestel word, ly aan trauma. Dié mense word soms gedwing om emosionele pyn te onderdruk en vind dit moeilik om sin te maak uit die lyding wat hulle ervaar. Aspekte soos die verlies van geliefdes, huise en menswaardigheid maak traumasorg en ondersteuning noodsaaklik.
Herstel en genesing vind plaas wanneer gelowiges toegang tot trauma-ondersteuning en berading kry. Tirham*, ʼn Geopende Deure-traumasorgwerker, het die volgende gedeel oor die genesing wat by traumaslypskole plaasvind:
“Die manier waarop traumagenesing werk, is ʼn wonderwerk. Dit is soos om ʼn las van hul harte af te laai. Jy kan dit in hul gesigte sien. Hulle begin glimlag en lag, en jy weet hulle sal goed kan slaap.”
Jy kan hulle vandag help om die genesingsreis te begin. Deur jou geskenk kan jy gelowiges ondersteun om van die trauma van vervolging te herstel. Jou bydrae kan versorgers in staat stel om traumasorg- en beradingsopleiding te ontvang, of help om ʼn traumagenesingskamp vir kinders te bestuur.
R305 kan een gelowige van traumasorg voorsien deur aanlyn en in-persoon opleiding en hulpbronne.
R705 kan een versorger vir opleiding in traumaberading stuur.
R1 630 kan help om ʼn traumagenesingskamp vir kinders aan te bied.
*Skuilnaam gebruik.
**Vrywaring: Elke geskenk in dié kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne groter pakkette en jou spesifieke geskenk word aan daardie pakkette (d.w.s. bedieningsgebied, streek) toegewys. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die behoefte die grootste is.