skip to Main Content

Geskenk 4: Gee vervolgde gelowiges toegang tot die Woord van God

R210.00R3,560.00

In baie lande regoor die wêreld is daar steeds gelowiges wat Bybels en Christelike literatuur benodig. Toegang tot hierdie hulpbronne is dikwels moeilik omdat sekere lande se wetgewing dit verbied of weens die gevare daaraan verbonde om sulke hulpbronne te besit. Maar gelowiges is steeds bereid om die risiko te neem om toegang tot God se Woord te kry.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

In baie lande regoor die wêreld is daar steeds gelowiges wat Bybels en Christelike literatuur benodig. Toegang tot hierdie hulpbronne is dikwels moeilik omdat sekere lande se wetgewing dit verbied of weens die gevare daaraan verbonde om sulke hulpbronne te besit. Maar gelowiges is steeds bereid om die risiko te neem om toegang tot God se Woord te kry.

“Ons wil graag almal bedank wat bydra tot die verspreiding van Bybels, boeke en ander geestelike materiaal. Ons ervaar ook probleme met gelowiges wat nie kan lees of skryf nie, veral bejaardes. So ons was baie dankbaar oor die aankoms van geheuekaartjies en oudioboeke,” sê ʼn begunstigde van Bybelse en Christelike literatuur.

Maak die Woord van God toeganklik vir vervolgde gelowiges deur jou Geskenk van Hoop, sodat hulle tydens vervolging bemoedig kan word. Dit kan hulle van ʼn fisiese of digitale Bybel voorsien, of bydra tot die druk en verspreiding daarvan in geslote lande.

R210 kan een gelowige met ʼn Bybel in hul eie taal voorsien.
R430 kan help om Christelike literatuur in ʼn geslote land te druk.
R3 560 kan ons vennote toerus om Bybel- en Christelike literatuur in moeilik bereikbare gebiede te versprei.

Back To Top
×Close search
Soek