skip to Main Content

Geskenk 3: Bring verandering vir vervolgde vroue

R250.00R1,095.00

Miljoene Christenvroue en -meisies, wat alreeds ʼn agterstand in die samelewing het omdat hulle vroulik is, is besonder kwesbaar vir vervolging. Ongelukkig is hul lyding dikwels onsigbaar of word dit deur diegene om hulle geïgnoreer.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Miljoene Christenvroue en -meisies, wat alreeds ʼn agterstand in die samelewing het omdat hulle vroulik is, is besonder kwesbaar vir vervolging. Ongelukkig is hul lyding dikwels onsigbaar of word dit deur diegene om hulle geïgnoreer.

Chu* se man het haar weens haar geloof met ʼn stok geslaan. Sy is gedwing om haar dorp te verlaat. Genadiglik is sy, met die ondersteuning van Geopende Deure se vennote, bygestaan met voedsel- en geldelike hulp, veral gedurende die pandemie. “Julle ondersteuning het my baie gehelp in hierdie moeilike tye,” sê Chu.

Bring verandering vir vroue wat kwesbaar is vir vervolging en uitbuiting deur jou Geskenk van Hoop om aan hul behoeftes te voldoen, wat hulle help om hulself te verbeter en leiers in hul gemeenskappe te word.

R250 kan een vrou geestelik en ekonomies ondersteun deur ʼn selfhelpgroep.
R500 kan aan een vrou die geleentheid gee om ʼn vroue-leierskapseminaar by te woon.
R1 095 kan ʼn program ondersteun wat help om aan ʼn vervolgde vrou se geestelike, sosiale en fisiese behoeftes te voldoen.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Additionele Informasie

Gift

R250 kan een vrou geestelik en ekonomies ondersteun deur ʼn selfhelpgroep, R500 kan aan een vrou die geleentheid gee om ʼn vroue-leierskapseminaar by te woon, R1 095 kan ʼn program ondersteun wat help om aan ʼn vervolgde vrou se geestelike, sosiale en fisiese behoeftes te voldoen

Back To Top
×Close search
Soek