skip to Main Content

Geskenk 2: Bemagtig vervolgde gelowiges deur Bybelse opleiding

R160.00R4,680.00

Die eerste dinge wat ʼn nuwe gelowige nodig het, is om meer te leer oor God, hul Christelike geloof en hoe om ʼn dissipel te word. Gelowiges in baie plekke is nog nie toegerus om in hul geloof te groei nie. Dit is waarom dissipelskapprogramme so belangrik is.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Die eerste dinge wat ʼn nuwe gelowige nodig het, is om meer te leer oor God, hul Christelike geloof en hoe om ʼn dissipel te word. Gelowiges in baie plekke is nog nie toegerus om in hul geloof te groei nie. Dit is waarom dissipelskapprogramme so belangrik is.

Abdallah*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond en bywoner van een van ons dissipelskapsopleiding, verduidelik die belangrikheid van opleiding: “As dit ophou, sal alles ophou. Die duiwel sal die geleentheid aangryp. Ons sal onsself weer in die donkerte bevind.”

Deur jou Geskenk van Hoop, kan jy kerkleiers en gelowiges met Bybelse opleiding bemagtig sodat hulle toegerus word om te dissipel en vir mekaar om te gee wanneer hulle vervolg word.

R160 kan tien gelowiges toegang gee tot dissipelskapprogramme.
R750 kan help om aanlynnetwerke te ontwikkel om Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond te ondersteun.
R4 680 kan een kerkleier toerus met vaardighede om sy kudde te dissipel en te versorg.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek