skip to Main Content

Geskenk 12: Ondersteun vervolgde gelowiges met hul dringendste behoeftes

R50.00R500.00

Ons is onwrikbaar in ons verbintenis om daar te wees vir ons vervolgde familie in geloof wanneer hulle vervolging en diskriminasie deurmaak. Ons spanne en vennote is gewoonlik eerste teenwoordig wanneer gelowiges deur dinge soos bomaanvalle op Christene getref word. Ons is selfs daar wanneer hulle deur ʼn natuurlike ramp of die pandemie geraak word (as teen hulle gediskrimineer word wanneer noodleniging onder mense versprei word).

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

“Baie dankie aan die mense in ander wêrelddele wat wys dat julle oor ons bekommerd is. Ons sien dat julle dadelik kom help wanneer julle hoor dat mense vervolg word. Julle het gehelp met prokureursfooie, om kerke te bou, asook om skoolgeld en die lewenskostes van vervolgde pastore te betaal. Baie dankie aan God vir dié hulp,” getuig Rafael*, ʼn pastoor.

Vervolging neem voortdurend toe. Wanneer dit plaasvind, sal jou Geskenk van Hoop verseker dat ons geloofsfamilie dadelik ondersteuning kan kry.

*Naam weens sekuriteitsredes verander.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Additionele Informasie

Gift

R50 om aangewend te word waar die nood die grootste is, R100 om aangewend te word waar die nood die grootste is, R250 om aangewend te word waar die nood die grootste is, R500 om aangewend te word waar die nood die grootste is

Back To Top
×Close search
Soek