skip to Main Content

Geskenk 11: Versterk en beskerm die volgende generasie gelowiges

R290.00R800.00

Vervolgers teiken Christen-kinders en jeugdiges om die volgende generasie te verhoed om die Kerk op te bou. Hierdie vervolging verhoed hulle om in die vormingsjare van hul lewens meer oor hul Christelike geloof te leer. Dit is waarom Geopende Deure in die toekomstige generasie belê.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Vervolgers teiken Christen-kinders en jeugdiges om die volgende generasie te verhoed om die Kerk op te bou. Hierdie vervolging verhoed hulle om in die vormingsjare van hul lewens meer oor hul Christelike geloof te leer. Dit is waarom Geopende Deure in die toekomstige generasie belê.

Justine*, ʼn veldwerker wat met kinders in die Midde-Ooste werk, sê: “Ek sien hoe kinders wat op die regte pad is geestelik groei. Kinders raak bewus en verstaan waarin hul geloof gegrond is, en hulle word selfversekerd en in staat om hul geloof te verdedig en op ʼn taktvolle wyse op moeilike vrae te reageer sodat hulle nie benadeel word nie.”

Jou Geskenk van Hoop kan help om die volgende generasie gelowiges te versterk en te beskerm deur aan hulle broodnodige Kersgeskenke te gee, hulle te help om Christelike byeenkomste by te woon en om hul opvoeding voort te sit.

R290 kan twee vervolgde kinders met ʼn Kersgeskenk (soos Bybels, klere of skoolbenodigdhede) seën.
R490 kan help om ʼn kind na ʼn Christelike kamp of jeugbyeenkoms te stuur.
R800 kan ʼn kind van ʼn beurs voorsien vir sy/haar skoolgelde.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Additionele Informasie

Gift

R290 kan twee vervolgde kinders met ʼn Kersgeskenk (soos Bybels, klere of skoolbenodigdhede) seën, R490 kan help om ʼn kind na ʼn Christelike kamp of jeugbyeenkoms te stuur, R800 kan ʼn kind van ʼn beurs voorsien vir sy/haar skoolgelde

Back To Top
×Close search
Soek