Geskenk 10: Verander die lewens van vervolgde gelowiges deur sosio-ekonomiese projekte
R400.00 – R1,205.00
Wanneer jy vandag ʼn geskenk gee wat sosio-ekonomiese projekte ondersteun, kan jy die lewens van vervolgde gelowiges positief verander. Deur ʼn gelowige te leer lees en skryf, te help om ʼn besigheidsprojek te begin of deur hulle toe te rus met beroeps- en vaardigheidsopleiding, kan jy ʼn aansienlike positiewe bydrae maak.
Beskrywing
Dit is veral uitdagend om ʼn vervolgde gelowige te wees in lande waar Christene in die minderheid is of waar hulle in gebiede woon waar hulle die enigste gelowiges is.
Daarom is dit só noodsaaklik om vir vervolgde gelowiges te bid en hulle te ondersteun – elke gebed en geskenk help ons familie en God het belowe: “God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir Sy Naam betoon het deurdat julle jul medegelowiges gedien het en nog dien nie.” Hebreërs 6:10 (1983)
Wanneer gelowiges van gemeenskapshulpbronne afgesny word of werk geweier word en nie vir hul gesinne kan sorg nie, maak jou ondersteuning ʼn verskil. Jou liefde is ook die grootste seën wanneer hulle weens ongeletterdheid nie die Bybel kan lees nie.
Wanneer jy vandag ʼn geskenk gee wat sosio-ekonomiese projekte ondersteun, kan jy die lewens van vervolgde gelowiges positief verander. Deur ʼn gelowige te leer lees en skryf, te help om ʼn besigheidsprojek te begin of deur hulle toe te rus met beroeps- en vaardigheidsopleiding, kan jy ʼn aansienlike positiewe bydrae maak.
R400 kan een vervolgde gelowige leer lees en skryf.
R605 kan een gelowige van besigheidsontwikkeling- en bestuursopleiding voorsien.
R1 205 kan een gelowige deur beroepsopleiding met praktiese vaardighede toerus (bv. houtwerk of skoonheidsterapie).
**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.
Additionele Informasie
Gift | R400 kan een vervolgde gelowige leer lees en skryf, R605 kan een gelowige van besigheidsontwikkeling- en bestuursopleiding voorsien, R1 205 kan een gelowige deur beroepsopleiding met praktiese vaardighede toerus |
---|