skip to Main Content

Geskenk 10: Ondersteun en sorg vir getraumatiseerde gelowiges

R400.00R1,210.00

When believers face traumatic experiences, they need to learn how to heal psychologically from those experiences. That is why trauma support and counselling is vital.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Wanneer gelowiges traumatiese ervarings deurmaak, moet hulle leer om geestelik daarvan te herstel. Dit is waarom trauma-ondersteuning en berading noodsaaklik is.

Leopoldo, ʼn pastoor van Mexiko, is van sy huis weggesleep deur ʼn groep mense. Hulle het sy klere uitgetrek, hom geskop en sy hare getrek. Een persoon het hom geskop en sy ribbes gebreek. Die insident het Leopoldo en sy familie se harte gebreek. Geopende Deure het die familie na ʼn trauma-werkswinkel gestuur. “Geopende Deure het ons met opleiding ondersteun om my, my vrou en my kinders se sielkundige skade te oorkom,” sê Leopoldo.

Deur jou Geskenk van Hoop, kan jy getraumatiseerde gelowiges ondersteun en versorg wanneer hulle traumatiese ervarings weens vervolging deurmaak. Dit sal hulle in staat stel om traumaberading by te woon, toegang verleen tot trauma-hulpbronne en help om aan hul behoeftes te voldoen.

R400 kan help om in die behoeftes van een kerkleier wat uiterste trauma verduur het, te voorsien.
R680 kan een gelowige met traumaberading en hulpbronne ondersteun.
R1 210 kan aanlyn-traumaberading aan een geïsoleerde gelowige voorsien.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Additionele Informasie

Gift

R400 kan help om in die behoeftes van een kerkleier wat uiterste trauma verduur het, te voorsien, R680 kan een gelowige met traumaberading en hulpbronne ondersteun, R1 210 kan aanlyn-traumaberading aan een geïsoleerde gelowige voorsien

Back To Top
×Close search
Soek