skip to Main Content

Geskenk 1: Versterk gelowiges in die tien mees vervolgde lande

R295.00R1,220.00

Om Jesus te volg, kom teen ʼn hoë prys vir gelowiges wat in die top 10 lande op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys woon. Hulle ervaar uiterste vervolging weens hul geloof in Jesus.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorie:

Beskrywing

Om Jesus te volg, kom teen ʼn hoë prys vir gelowiges wat in die top 10 lande op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys woon. Hulle ervaar uiterste vervolging weens hul geloof in Jesus.

“ʼn Groep gelowiges in ʼn slegte ekonomiese situasie het my vertel dat hulle bly is oor hul kospakkies, maar dat hulle die dissipelskap-materiaal wat ons gestuur het selfs meer waardeer,” sê ʼn vennoot.

Jou Geskenk van Hoop kan help om gelowiges in die top 10 lande te versterk om sterk te staan in hul geloof deur noodleniging, dissipelskapsopleiding en vervolgingsvoorbereidheid-opleiding.

R295 kan help om vyf gelowiges te dissipel om in hul geloof te groei.
R550 kan een gelowige van ʼn Bybel, Christelike literatuur en leierskapsopleiding voorsien.
R1 220 kan een Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond bystaan met dringende noodleniging.

**Vrywaring: Elke geskenk in hierdie kalender verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke bedieningsarea. Die geskenkbedrae is voorbeelde van projekte binne die groter pakket, en jou spesifieke geskenk sal aan hierdie pakket (bedieningsarea, streek) gaan. Indien enige pakket ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die nood die grootste is. Verteenwoordigende foto is gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
×Close search
Soek