skip to Main Content

Geskenk 9: Herbou huise en kerke in oorlogstreke

R3,700.00

Een van die rampspoedigste maniere hoe Christen-families vir hul geloof ly, is wanneer hul kinders ʼn onderrig geweier word of onderhewig is aan erge diskriminasie by die skool.

R3700 Help om 1 huis of kerk te herbou

Beskrywing

ʼn Bejaarde Christenpaartjie, Antoon en Basima, is vyf jaar gelede ontwortel nadat hul huis in Homs, Sirië, deur ʼn mortier vernietig is. Hul huis – wat vir meer as 100 jaar deur hul familie besit word – is herbou met die hulp van Geopende Deure.

“Ek dank God dat Hy mense soos julle stuur om ons te help,” sê Basima. Antoon vat sy loopraam van metaal in sy hande, hou dit oor sy kop, en lag wanneer hy sê, “Ek was depressief toe ek ver weg van hierdie plek gebly het. Nou voel ek baie beter, baie sterker. Ek kan weer asemhaal. Ek is gelukkig!”

Jou Geskenk van Hoop kan help om vernietigde huise en kerke in Sirië en Irak te herbou, sodat Christenfamilies huis toe kan gaan en begin om hul lewens te herbou – en kan voortgaan om ʼn getuie vir Jesus te wees.

R3 700  Help om 1 huis of kerk te herbou

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 9: Herbou huise en kerke in oorlogstreke” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek