skip to Main Content

Geskenk 8: Bring genesing vir moeilike lewens deur traumasorg

R490.00R1,960.00

Baie Christene ervaar langtermyngevolge van die stres om gewelddadige aanvalle te aanskou of volgehoue doodsdreigemente en fisiese aanvalle te verduur.

R490 Voorsien traumasorg aan 1 slagoffer van ernstige geweld
R1960 Voorsien traumasorg aan ʼn familie van 4 wat deur ernstige geweld geteister is

Nuwe keuse

Beskrywing

Baie Christene ervaar langtermyngevolge van die stres om gewelddadige aanvalle te aanskou of volgehoue doodsdreigemente en fisiese aanvalle te verduur.

In plekke soos Nigerië is duisende gelowiges wreedaardig vermoor deur militante Islamitiese groepe. Families is uitmekaar geskeur, kerke en huise is verwoes, en kinders en vroue is ontvoer… om nooit weer terug te keer nie.

Oorlewendes word diep geraak deur die gruweldade wat hulle ervaar en benodig gespesialiseerde traumasorg om hulle te help om hul lewens te herbou – en hoop in die Here te vind.

“As ek nie die traumaseminaar bygewoon het nie, sou ek nog vol bitterheid en onvergewensgesindheid gewees het,” sê een deelnemer. “Ek het al daardie gevoelens laat gaan. Ek is vry.”

Jou Geskenk van Hoop voorsien traumaberading aan slagoffers van geweld om hulle te help om emosionele, geestelike en sielkundige genesing te ervaar.

R490 Voorsien traumasorg aan 1 slagoffer van ernstige geweld
R1960 Voorsien traumasorg aan ʼn familie van 4 wat deur ernstige geweld geteister is

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Back To Top
×Close search
Soek