skip to Main Content

Geskenk 7: Help verstote vroue om belangrike lewensvaardighede aan te leer

R65.00R7,800.00

Rekha is ʼn jong gelowige wat Jesus braaf probeer volg in Bangladesj. Sy wou die boodskap van die Bybel verkondig, maar sy was ongeletterd en kon dus nie God se Woord lees nie. Genadiglik het vriende soos jy geletterdheidsklasse voorsien deur Geopende Deure, wat Bybelstories gebruik het om haar te leer lees. Nou sê sy:

R65 Gee ʼn vrou geletterdheidsklasse vir 1 maand.
R780 Gee ʼn vrou geletterdheidsklasse vir 1 jaar.
R7 800 Gee 10 vroue geletterdheidsklasse vir 1 jaar.

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorieë: ,

Beskrywing

Rekha is ʼn jong gelowige wat Jesus braaf probeer volg in Bangladesj. Sy wou die boodskap van die Bybel verkondig, maar sy was ongeletterd en kon dus nie God se Woord lees nie. Genadiglik het vriende soos jy geletterdheidsklasse voorsien deur Geopende Deure, wat Bybelstories gebruik het om haar te leer lees.

“Ek het nog nooit in my lewe een ander persoon van my geloof en Jesus Christus vertel nie. Na dié opleiding, vir die eerste keer, het ek my vriendin van Jesus Christus vertel. Sy het Christus aangeneem en is gedoop. Nou voel ek baie gemaklik om die storie van Jesus aan ander te vertel.”

Baie mense leer Jesus ken as ʼn resultaat van hierdie geletterdheidsklasse. En baie meer vroue verlang steeds om dit by te woon sodat hulle God se Woord vir hulself kan lees.

Jou Geskenk van Hoop sal geletterdheidsklasse en Bybels voorsien vir vroue soos Rekha – sodat hulle God se Woord vir hulself kan lees en die Evangelie kan verkondig.

R65 Gee ʼn vrou geletterdheidsklasse vir 1 maand.
R780 Gee ʼn vrou geletterdheidsklasse vir 1 jaar.
R7 800 Gee 10 vroue geletterdheidsklasse vir 1 jaar.

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Additionele Informasie

Gift

Geletterdheidsklasse: 1 vrou, 1 maand, Geletterdheidsklasse: 1 vrou, 1 maand, Geletterdheidsklasse: 10 vrouens, 1 jaar

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 7: Help verstote vroue om belangrike lewensvaardighede aan te leer” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek