skip to Main Content

Geskenk 6: Beskerm weduwees wie se mans vir Christus gesterf het

R370.00

Christenvroue in baie lande sukkel om te oorleef nadat hul mans vir hul geloof vermoor of opgesluit is. “Vandat ek my man verloor het, leef ek van die hand na die tand,” sê Esther, ʼn Christenweduwee in Nigerië.

R370 Voorsien 1 weduwee en haar kinders van kos en behuising vir ʼn maand

SKU: G1813 Kategorieë: ,

Beskrywing

Christenvroue in baie lande sukkel om te oorleef nadat hul mans vir hul geloof vermoor of opgesluit is. “Vandat ek my man verloor het, leef ek van die hand na die tand,” sê Esther, ʼn Christenweduwee in Nigerië.

Boko Haram en die Fulani se geteikende geweld in Nigerië ontwrig boerdery nou al vir jare. Gelowiges word ook gedurig weggewys van voedselhulp, dus staar hulle honger en wanvoeding in die gesig. Dit kan dan vir Christenweduwees aantreklik lyk om met Moslemmans te trou, net sodat hulle hul kinders kan voed.

Jou Geskenk van Hoop kan kwesbare Christen-vroue en hul kinders beskerm deur kos en behuising te voorsien.

R370 Voorsien 1 weduwee en haar kinders van kos en behuising vir ʼn maand.

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 6: Beskerm weduwees wie se mans vir Christus gesterf het” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek