skip to Main Content

Geskenk 6: Bereik geheime gelowiges in gevaarlike lande met ʼn digitale Bybel

R35.00R3,500.00

Hussein is een van die suksesvolste evangeliste in die Horing van Afrika. Hy het al honderde Moslems na Jesus gelei – en hy ervaar gevolglik ernstige vervolging. Hy het die dood al dikwels naelskraaps ontduik.

R35 Gee ʼn digitale Bybel aan 1 geheime gelowige
R350 Gee digitale Bybels aan 10 geheime gelowiges
R3500 Gee digitale Bybels aan 100 geheime gelowiges

Nuwe keuse

Beskrywing

Soos wat hy van dorp tot dorp reis, versprei Hussein digitale Bybels aan dié wat hy na Christus lei. “Ek het op ʼn stadium dissipelskap onder 66 mense gedoen. Ek kan nie 66 gedrukte kopieë van die Bybel ronddra nie, maar ek kan 66 digitale Bybels op SD-kaarte ronddra. Ek het aan elkeen ʼn digitale Bybel gegee. Dié 66 mense het nog 230 persone na Christus gelei!

“Digitale Bybels op hul eie is sendelinge, omdat hulle vir families en dorpe preek sonder dat ek daar is.”

Rus gelowiges toe met ʼn digitale Bybel – wat ʼn oudioweergawe, Bybel-kommentaar en die Jesus-film insluit – deur jou Geskenk van Hoop.

R35 Gee ʼn digitale Bybel aan 1 geheime gelowige
R350 Gee digitale Bybels aan 10 geheime gelowiges
R3500 Gee digitale Bybels aan 100 geheime gelowiges

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Back To Top
×Close search
Soek