skip to Main Content

Geskenk 5: Rus kinders toe om sterk te staan en ander na Christus te lei

R107.00R1,070.00

Armoede en vervolging in lande met ʼn Moslemmeerder-heid, soos Egipte en Jordanië, kan daartoe lei dat vele jong Christene hul geloof versaak – veral namate baie tieners in die stede moet gaan werk vind om te help om hul familie te onderhou.

R107 Stuur 1 kind of tiener na ʼn vakansie-Bybelskool
R1 070 Stuur 10 kinders of tieners na ʼn vakansie-Bybelskool

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorieë: ,

Beskrywing

Armoede en vervolging in lande met ʼn Moslemmeerder-heid, soos Egipte en Jordanië, kan daartoe lei dat vele jong Christene hul geloof versaak – veral namate baie tieners in die stede moet gaan werk vind om te help om hul familie te onderhou.

“Ek het as 14-jarige begin werk, en dit het my weggelok van God af,” sê Fady. “Jongmense kry nie genoeg Christelike onderrig voordat hulle die wêreld moet aandurf nie.”

Kinder- en jeugbedienings is uiters effektief om jongmense na Christus te lei en hul identiteit in Jesus te vestig, en terselfdertyd ʼn liefde vir God se Woord in hulle te kweek. “Jeugbediening het my verwoeste lewe herstel,” sê Fady, wat innig dankbaar is vir vriende soos jy wat gehelp het om sy lewe weer op die regte spoor te kry.

Jou Geskenk van Hoop kan dissipelskapprogramme, kampe, byeenkomste en literatuur voorsien wat spesifiek ontwerp is om jongmense te help om Jesus te volg – ongeag wat!

R107 Stuur 1 kind of tiener na ʼn vakansie-Bybelskool
R1 070 Stuur 10 kinders of tieners na ʼn vakansie-Bybelskool

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Additionele Informasie

Geskenk

1 Kind of tiener, 10 Kinders of tieners

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 5: Rus kinders toe om sterk te staan en ander na Christus te lei” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek