skip to Main Content

Geskenk 4: Help Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond om die ergste vervolging te verduur

R930.00

Nora is as ʼn Moslem grootgemaak in Maleisië – waar dit onwettig is om jou geloof te verander.

Sy het ʼn Christen geword en is ook die eerste geordineerde vroulike pastoor. Dit vergroot haar risiko van regeringsvervolging drasties.

R930 Lei 1 gelowige op om ernstige vervolging te verduur

Beskrywing

Haar grootste opoffering is uiters persoonlik. “Ons sal nooit kinders kan hê nie. Wanneer die regering uitvind dat hulle onwettig gebore is en in ʼn Christenfamilie grootgemaak word, sal hulle die kinders wegvat.”

Nora is een van talle Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond wat sterk ondersteuning vir hul moeilike pad benodig. “Ons gebruik julle ‘Standing Strong through the Storm’-opleidingsmateriaal vir dissipelskap. Dit versterk my en gee my hoop vir die toekoms,” sê sy.

Jou Geskenk van Hoop voorsien vervolgingsvoorbereidheid-opleiding deur ʼn intensiewe kursus oor ʼn paar dae. Jou geskenk sluit die volledige koste vir die kursus, asook dissipelskap en ander ondersteuning aan leiers en Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond, in.

R930 Lei 1 gelowige op om ernstige vervolging te verduur

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Back To Top
×Close search
Soek