skip to Main Content

Geskenk 4: Bereik geïsoleerde Christene met ʼn digitale Bybel

R75.00R7,500.00

Moderne tegnologie help om Bybels vinniger, veiliger en gerieflik te versprei – en jong evangeliste soos “Hussein” maak die meeste daarvan. “Op ʼn stadium het ek 66 mense dissipel,” sê Hussein.

R75 Help om vir 1 gelowige ʼn digitale Bybel te gee
R750 Help om vir 10 gelowiges ʼn digitale Bybel te gee
R7 500 Help om vir 100 gelowiges ʼn digitale Bybel te gee

Nuwe keuse

Beskrywing

Moderne tegnologie help om Bybels vinniger, veiliger en gerieflik te versprei – en jong evangeliste soos “Hussein” maak die meeste daarvan. “Op ʼn stadium het ek 66 mense dissipel,” sê Hussein. “Ek kan nie 66 hardekopieë van die Bybel ronddra nie, maar ek kan 66 digitale Bybels dra. Ek het vir elkeen van hulle ʼn Bybel op ʼn SD-kaart gegee. Hulle het dit vir hul vriende en familie gegee om na te luister, en hulle het in Jesus geglo. Daardie 66 mense het sedertdien 230 ander na Christus gelei. Hierdie Bybels preek in dorpies sonder dat ek eers daar is!”

Jou Geskenk van Hoop kan help om ʼn digitale kopie van die Bybel te voorsien wat verskeie vertalings kan insluit, asook oudio-opsies vir ongeletterdes en gesiggestremdes.

R75 Help om vir 1 gelowige ʼn digitale Bybel te gee
R750 Help om vir 10 gelowiges ʼn digitale Bybel te gee
R7 500 Help om vir 100 gelowiges ʼn digitale Bybel te gee

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Additionele Informasie

Geskenk

1 Gelowige 1 digitale Bybel, 10 Gelowiges 10 digitale Bybels, 100 Gelowiges 100 digitale Bybels

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 4: Bereik geïsoleerde Christene met ʼn digitale Bybel” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek