skip to Main Content

Geskenk 2: Verander ʼn kind se lewe met die liefde van God deur Christelike opleiding

R130.00R1,300.00

Talle kinders en jeugdiges in geïsoleerde dorpe en geslote lande het min of geen toegang tot Christelike kinderprogramme nie. Sonder Bybelse onderrig of samesyn, verwerp selfs diegene met gelowige ouers soms hul Christenskap weens kulturele druk.

R130 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 1 kind
R309 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 3 kinders
R1300 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 10 kinders

Nuwe keuse
SKU: N/A Kategorieë: ,

Beskrywing

Talle kinders en jeugdiges in geïsoleerde dorpe en geslote lande het min of geen toegang tot Christelike kinderprogramme nie. Sonder Bybelse onderrig of samesyn, verwerp selfs diegene met gelowige ouers soms hul Christenskap weens kulturele druk.

Geopende Deure is in vennootskap met plaaslike kerke om evangelisering en dissipelskap onder jongmense te doen deur jeugkampe, mentorskap en kindervriendelike Christelike hulpbronne. Dis hoe “Sara”, Jesus in Oos-Maleisië leer ken het.

“Ek is dankbaar dat ek meer oor God en Sy liefde kon leer,” sê sy.

Jou Geskenk van Hoop stuur ʼn geïsoleerde kind na ʼn jeugkamp of voorsien noodsaaklike kinder-vriendelike hulpbronne en Christelike mentorskap aan hom/haar sodat hulle die liefde van God kan ervaar en in hul geloof kan groei.

R130 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 1 kind
R309 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 3 kinders
R1300 Voorsien noodsaaklike Christelike opleiding aan 10 kinders

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Back To Top
×Close search
Soek