skip to Main Content

Geskenk 11: Voorsien traumasorg vir slagoffers van uiterste vervolging

R480.00R1,920.00

Die Sjalom-sentrum, Geopende Deure se langverwagte traumasentrum in Nigerië, is ʼn plek van vrede en genesing vir slagoffers van geweld en vervolging.

R480 Help om traumasorg te voorsien aan 1 slagoffer van uiterste geweld.
R1 920 Help om traumasorg te voorsien aan ʼn familie van 4 wat slagoffers van uiterste geweld was.

Nuwe keuse

Beskrywing

Die Sjalom-sentrum, Geopende Deure se langverwagte traumasentrum in Nigerië, is ʼn plek van vrede en genesing vir slagoffers van geweld en vervolging.

ʼn Onlangse ‘Kliniek vir Oorlewendes’ by die sentrum, het 15 mans en vroue saamgebring, wat uit hul huise geforseer is deur militante, en het individuele- en groep-beradingsorg voorsien. Toe hulle vertrek met geneesde harte het hulle bly sê, “Hoe wens ons dat ons langer hier kon bly!”

Een deelnemer, wie se dogtertjie in sy teenwoordigheid dood gekap is, het vertel: “Ek het sedertdien afgestomp gevoel. Ek was nie in staat om te treur en my pyn te verwerk nie. Gedurende die program het ek vir die eerste keer in trane uitgebars. Daardie aand het ek goed geslaap en vir die eerste keer sonder nagmerries.”

Jou Geskenk van Hoop sal traumaberading voorsien vir slagoffers van geweld en hulle help om geestelike, emosionele en sielkundige genesing te ervaar.

R480 Help om traumasorg te voorsien aan 1 slagoffer van uiterste geweld.
R1 920 Help om traumasorg te voorsien aan ʼn familie van 4 wat slagoffers van uiterste geweld was.

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Additionele Informasie

Geskenk

Traumasorg vir 1 persoon, Traumasorg vir 'n gesin van 4

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 11: Voorsien traumasorg vir slagoffers van uiterste vervolging” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek