skip to Main Content

Geskenk 10: Herbou huise en kerke in oorlogsgebiede

R3,600.00

Sedert Broer Andrew se eerste reise na Oos-Europa, is die hart van Geopende Deure se bediening om die te “versterk wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe” (Openbaring 3:2). Vandag is hierdie nood die grootste in Irak en Sirië waar meer as 500,000 Christene uit hul huise geforseer is in die laaste dekade.

R3 600  Help om ʼn kerk of huis te herbou in Irak en Sirië.

Beskrywing

Sedert Broer Andrew se eerste reise na Oos-Europa, is die hart van Geopende Deure se bediening om die te “versterk wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe” (Openbaring 3:2). Vandag is hierdie nood die grootste in Irak en Sirië waar meer as 500,000 Christene uit hul huise geforseer is in die laaste dekade.

Nou keer baie gelowiges terug net om te ontdek dat hul huise en kerke beskadig of vernietig is. “Ons huis is geplunder,” sê Luay. “Dit was ʼn groot gemors, deure is gesteel, vensters gebreek.”

Dis Geopende Deure se rol, om fisieke, emosionele en geestelike herstel te bring aan vervolgde Christene in oorlogsgebiede soos hierdie een. Luay gaan voort, “Ons dank God vir julle hulp; ons bedank julle dat julle ons bemoedig het deur dit vir ons moontlik te maak om na ons dorp terug te keer.

Jou Geskenk van Hoop sal gelowiges soos Luay help om hul huise en kerke te herbou – om te “versterk wat oorbly” van die verminderde en brose Kerk in hierdie oorloggeteisterde nasies.

R3 600  Help om 1 huis of kerk te herbou

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 10: Herbou huise en kerke in oorlogsgebiede” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek