skip to Main Content

Geskenk 1: Bemagtig gelowiges in gevaar om sterk te staan

R320.00

Met die ondersteuning van vriende soos jy is Ravi bemagtig met opleiding ter voorbereiding op vervolging, voorsien deur Geopende Deure se vennote en bedoel om gelowiges toe te rus om vervolging te deurstaan.

R320 Help 1 gelowige om hewige vervolging te deurstaan.

Beskrywing

Broer Ravi woon in een van Indië se knelpunte van vervolging, waar hy konstante teenstand vir sy geloof in Christus verduur.

“Ek is wreedaardig geslaan, en eenkeer het ʼn groep ekstre-miste selfs gekom om my huis af te brand,” onthou hy.

Met die ondersteuning van vriende soos jy is Ravi bemagtig met opleiding ter voorbereiding op vervolging, voorsien deur Geopende Deure se vennote en bedoel om gelowiges toe te rus om vervolging te deurstaan.

“Baie kere was ek só bang,” sê hy, “maar… God het my gehelp om die vrees van vervolging te oorkom.”

Jou Geskenk van Hoop sal gelowiges in gevaar, soos Ravi, bemagtig om hul geloof te behou en God se Koninkryk uit te brei deur hulle in staat te stel om opleiding by te woon ter voorbereiding op vervolging.

R320 Help 1 gelowige om hewige vervolging te deurstaan.

*Elke geskenk uit hierdie katalogus verteenwoordig ʼn bydrae tot ʼn spesifieke projek of bedieningsarea. Indien enige projek ten volle befonds word, sal jou geskenk aangewend word waar die behoefte die grootste is. Sommige name en foto’s is verteenwoordigend om die identiteit te beskerm van diegene wat vervolg word vir hul geloof.

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Geskenk 1: Bemagtig gelowiges in gevaar om sterk te staan” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek