skip to Main Content

Gebed – Die Werklike Stryd

R35.00

deur Broer Andrew en Al Janssen

Oral waar Al Janssen en Broer Andrew gereis het om mans en vroue te ontmoet wat vervolg word vir Christus se Naam, is die dringendste versoek eenvoudig, “Bid asseblief vir ons”. Maar hoe bid ons vir hulle? En hoe kan jy leer om te bid sodat jou gebede jou eie lewe beïnvloed, sowel as dié van jou gemeenskap, jou nasie en ewenwel ook die wêreld?

Nuwe keuse
SKU: 978-090164414-5 Kategorie:

Beskrywing

Oral waar Al Janssen en Broer Andrew gereis het om mans en vroue te ontmoet wat vervolg word vir Christus se Naam, is die dringendste versoek eenvoudig, “Bid asseblief vir ons”. Maar hoe bid ons vir hulle? En hoe kan jy leer om te bid sodat jou gebede jou eie lewe beïnvloed, sowel as dié van jou gemeenskap, jou nasie en ewenwel ook die wêreld?

In hierdie kragtige boekie deur Broer Andrew en Al Janssen, sal jy praktiese Bybelse lesse leer oor die ware effektiwiteit van gebed vanaf diegene wat vervolging ervaar, omdat hulle Jesus volg. Jy sal verstaan dat gebed die werklike stryd is!

Gebed was die hart van Jesus se lewe. En dit is ʼn sleutel tot jou vermoë om in oorwinning te lewe as ʼn volgeling van Jesus Christus.

Broer Andrew het in 1955 Bybels begin smokkel vir Christene agter die Ystergordyn. Dit het sedertdien ontwikkel tot Geopende Deure Internasionaal. Hy is die outeur en medeskrywer van vele boeke, insluitend God se Smokkelaar, waarvan oor die 10 miljoen kopieë tot op datum verkoop is. Broer Andrew woon in Nederland.

Al Janssen is die medeskrywer of outeur van meer as 25 boeke, insluitend Light Force en Secret Believers. Hy was voorheen die Hoof Kommunikasie Beampte van Geopende Deure Internasionaal.

Additionele Informasie

Weight0.110 kg

Resensies

Daar is nog geen resensies beskikbaar nie.

Wees die eerste om ʼn oorsig van “Gebed – Die Werklike Stryd” te gee

Jou eposadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word gemerk met *

Back To Top
×Close search
Soek