Geopende Deure-vennote in Indië
Geopende Deure se plaaslike vennote in Indië hou te midde van die Covid-19-krisis aan om die vervolge Kerk te dien deur noodsaaklike noodleniging aan diegene wat weens hulle geloof regeringshulp geweier word. Terselfdertyd help hulle steeds gelowiges wat diskriminasie en aanvalle ervaar. Hulle werk kan riskant en uitputtend wees, maar hulle hou getrou aan om vervolgde gelowiges in die land by te staan.
BID
- Bid dat ons plaaslike vennote ʼn seën sal wees vir die vervolgde Christene wat hulle ontmoet, en dat God aan hulle wysheid sal skenk om hierdie gelowiges te dien.
- Bid vir God se beskerming oor ons plaaslike vennote wanneer hulle gevaarlike gebiede betree om Christene te ondersteun en te bemoedig.
- Bid dat die Here vir hulle en hul gesinne geestelik, emosioneel, fisies en verstandelik sal voorsien.