Uganda – Esther, nie haar regte naam nie, (13) is gebore in ʼn Moslemfamilie en het haar lewe vir Christus gegee nadat sy ʼn Christelike konferensie vir kinders bygewoon het. Haar Moslem-ooms maak die lewe baie moeilik vir haar en het haar in ʼn Moslemskool gesit. Sy glip weekliks uit om kerkdienste by te woon. Bid vir die Here se beskerming oor Esther en vir die saligheid van haar ooms.