Skip to content

Pastore in Sri Lanka word versterk in die storm – te danke aan jou!

Die lewe is gevaarlik vir Christene in Sri Lanka. Toe Pastoor Nalaka* ander gelowiges aangemoedig het om die Evangelie met hul bure te deel, het ʼn woedende bende van 200 mense by sy huis opgedaag om sy familie aan te val.

En Pastoor Nalin* het vervolging in die gesig gestaar nadat ʼn ma en dogter by sy huis aangegaan het, om te vra of hulle ʼn Bybel kan leen om te lees. Hy het met goedhartigheid sy seun se Bybel vir hulle geleen – maar hy is kort daarna na die polisiestasie ontbied waar 15 monnike hom daarvan beskuldig het dat hy probeer om Boeddhiste te bekeer. Hy sê:

“Ek het vir hulle gesê dat ek dit nog nooit gedoen het nie. Maar hulle het gesê, ‘Hoe kan jy sê dat jy dit nog nooit gedoen het nie? Jy het ʼn Bybel vir iemand gegee wat verby jou huis geloop het en hulle probeer bekeer.’”

Nalaka en Nalin ervaar steeds vervolging vir hul geloof en bedieningswerk. Genadiglik was jy daar om hulle te help om sterk te staan.

Toe Nalin geslaan is, het vriende soos jy gehelp om sy mediese onkostes te dek deur Geopende Deure se vennoot, die Nasionale Christelike Evangeliese Alliansie van Sri Lanka. En ruimhartige vriende soos jy het beide Nalin en Nalaka in staat gestel om Standing Strong Through the Storm-opleiding by te woon. Dit maak ʼn kragtige verskil, soos Nalin verduidelik:

“Ek was in staat om van die lesse te herroep terwyl ek vervolging ervaar het.”

Dankie dat jy vir Nalin, Nalaka en baie ander Christenleiers ondersteun, sodat hulle kan voortgaan met hul bedienings-werk in plekke soos Sri Lanka!

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek