Skip to content

Ontvoerde Boko Haram slagoffer gespot

Ester* was 17-jaar oud toe Boko Haram haar, en ander vroue in Oktober 2015 ontvoer het. Terwyl sy in aanhouding was, het sy konstante druk in die gesig gestaar om haar geloof te versaak, en is sy ook tragies, verskeie kere, deur verskillende mans verkrag. “Elke keer wanneer Boko Haram teruggekom het van hulle aanvalle af, het hulle ons verkrag… ons onteer.” Het Ester gesê. Sy het swanger geraak en nie geweet wie die pa is nie.

Toe sy ʼn jaar later vrygelaat is, was sy oorstelp van vreugde om huistoe te gaan, maar sy het gou agterkom dat mense nie so gretig was om “Boko Haram-vrouens” terug te verwelkom nie, allermins hul kinders. Hulle het Ester gespot en haar baba “Boko” genoem in plaas daarvan om haar regte naam, Rebecca, te gebruik.

Te danke aan Geopende Deure se traumaversorging, was dit vir Ester moontlik om ʼn plek van vrede en genesing te vind. “Dit het gevoel of my smart en skaamte verdwyn, om nooit weer terug te keer nie.” Selfs al is daar nog diegene wat weier om Rebecca te aanvaar, het sy gesê, “Sy het my vreugde en my lag geword te midde van hartseer.”

Ester en Rebecca woon nou by Ester se grootouers. Sy werk op ʼn plaas en gebruik die bietjie graan wat sy verdien, om vir hulle vier te help voorsien. Ongelukkig gaan sy nie tans skool nie.

Bid asseblief vir God se voorsiening aan Ester en haar familie. Mag die Here aanhou om baba Rebecca te gebruik om Sy liefde en genade te wys aan die mense om haar.

Dankie vir jou gebede.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek