Skip to content

Ons sien ʼn nuwe herlewing. Moslems kom na Christus toe

Algerië is ʼn moeilike plek vir mense soos Muslih*, ʼn gebore Moslem, om hulself tot Christus te bekeer, namate die regering kerke sluit en meer druk op kerkleiers toepas. Ten spyte hiervan, groei die Kerk.

Toe hy maar net 17-jaar oud was, het Muslih gesien hoe God wonderbaarlik ʼn Christen se gebed beantwoord het – en so het hy die eerste Christen in sy Moslem-dorpie geword. Sedertdien het hy baie Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond (GVM’s) tot geloof in Christus sien kom. Hy vertel:

“Daar was minder as 1,000 gelowiges regoor die land. Daardie getal het nou gegroei tot ongeveer 35,000 in die sigbare Kerk, en ek glo daar is selfs meer in die geheime en nie-sigbare Kerk.”

Jou belegging help met die voorsiening van dissipelskapsopleiding vir hierdie nuwe gelowiges, leierskapsontwikkeling vir kerkleiers, en persoonlike ondersteuning vir Christene wanneer hulle hulp die meeste benodig.

Muslih verduidelik wat hy die meeste waardeer van jou en Geopende Deure:

“Julle het ʼn wonderlike eienskap wat ek nooit by ander gesien het nie: dit is julle getrouheid. Julle kom al jul beloftes na. Julle ondersteun ons as ʼn familie en die Kerk in die algemeen. Dit help ons baie… om die behoeftes van ons kerk te beantwoord.”

En hy vra dat jy sal aanhou om te bid:

“Julle geestelike ondersteuning beteken ontsaglik baie, in besonder al daardie mense wat vir ons bid. Dit maak my trots om te weet dat wanneer ek op die slagveld is, is daar mense agter my. Die wete hiervan maak ons sterk.”

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek