Skip to content

Die wedloop vir Christus

Verlede jaar het Charl (16) gevoel dat die Here hom lei om ten bate van die vervolgde Kerk te hardloop as ʼn Geopende Deure Biblegiver-atleet.

Hy het goed gehardloop, maar ongelukkig, naby die eindstreep, het hy gely aan ontwatering en van die pad afgegaan. Gelukkig het hy ʼn groep Christene teëgekom wat hom gehelp het, net toe sy liggaam ingegee het en hy inmekaargesak het.

Alhoewel hy nie die wedloop kon voltooi soos wat hy gehoop het nie, het hy die volgende vertel terwyl hy in die hospitaal was, “Toe my bene gevoel het of dit wil ingee, het ek myself herinner wie my bron van krag is en hoe miljoene Christene soveel erger pyn as dít ervaar.”

En hy het geleer dat “jou planne nie noodwendig God se planne vir jou is nie, maar Hy het iets meer ingedagte vir jou; en jy kan Hom altyd vertrou al gaan jy somtyds van die pad af.”

Te danke aan die ondersteuning van sy plaaslike kerk, het Charl R10,790 vir die vervolgde Kerk ingesamel. Wat ʼn kragtige getuienis! Om uit te vind hoe jy betrokke kan raak by Biblegivers, klik hier.

Back To Top
Soek