Skip to content

Nimal sê: ‘Dankie dat julle bereid is om ons te help!’

In Asië se Boeddhistiese blok betaal Christene ʼn hoë prys om Jesus te volg. Die wat kies om Christus te volg, word gesien as verraaiers en bring skande oor hul families – en dit is dikwels ʼn bekeerling se nabye familielede wat die bron van die felste vervolging is.

Jigme* van Bhoetan weet dit maar te goed:

“Ek kan steeds duidelik onthou hoe my pa my ma met sy weermagbelt geslaan het totdat sy gebloei het… haar liggaam verskeurd gelaat… net omdat sy kerk toe gegaan het. My pa is die mees gewelddadige vervolger wat ek nog ooit in my lewe gesien het.”

Teistering kom ook van gelowiges se Boeddhistiese bure af – wat bang is dat ʼn Christen in die dorpie die “geeste sal kwaad maak”.

Tom*, ook van Bhoetan, vertel…

“Ek word dikwels geteister en gedwing om my nuwe geloof in Jesus te herroep. Een dag is ek uit my huis forseer, gedwing om onder ʼn koei in te kruip en dié se urine te drink.”

Dit is Gelowiges vanuit ʼn Boeddhistiese Agtergrond soos Tom en Jigme wat jy help, namate jy saam met hulle staan deur jou gebede en ondersteuning. Op die oomblik, saam met Geopende Deure, bemoedig jy bekeerlinge in Boeddhistiese vestings soos Bhoetan, Mianmar en Laos – en versterk jy hulle om vas te staan in die aangesig van vervolging en dreigemente, deur die voorsiening van praktiese hulp, lewensbestaanbystand en noodsaaklike opleidingsprogramme.

Soos broer Nimal (links), wie jy gehelp het om sy eie ʼn steenmaak-besigheid te begin om vir sy familie te voorsien, praat vir elke een: “Dankie dat julle bereid is om ons te help. Mag God julle seën!” Jou ondersteuning herinner hierdie verdrukte gelowiges dat hulle nie alleen is nie.

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek