Skip to content

Meer Noord-Koreane kom tot geloof in Christus en voel ‘vernuwe’ – te danke aan jou!

Onder Kim Jong-Un se wrede diktatorskap word Christene sonder ophou vervolg, namate die regering poog om die geheime Kerk uit te wis. Op bevel van Noord-Korea se Nasionale Sekuriteitsagentskap (‘NSA’) word spioene opgelei om godsdienstige mense te ontbloot.

Een ‘NSA’-informant verduidelik dat hy aangesê is om “op die uitkyk te wees vir persone wat stilbly met hulle oë toe en mediteer, of vir gewoontedrinkers en -rokers wat ewe skielik ophou met rook en drink.”

Volwassenes en kinders word gebreinspoel met propaganda. In skole word kinders geleer dat Christen-spioene onskuldige Noord-Koreaanse kinders ontvoer en doodmaak.

Ten spyte daarvan dat die lewe moeiliker raak vir Christene, het ʼn sleutelveldkontak, wat Noord-Koreaanse Christene evangeliseer en oplei in China, gesê:

“Ek het nog nooit vantevore soveel Noord-Koreane gesien wat tot bekering kom soos deesdae nie.”

En van die Noord-Koreaanse Christene wat jy help, het dit gesê:

“Ons word versterk in ons geloof in Christus as gevolg van die ondersteuning en bemoediging wat julle en baie ondersteuners van regoor die wêreld aan ons stuur. Ons word vernuwe vanweë die ondersteuning van al jul ondersteuners.”

Sonder jou ruimhartigheid, sou jou broers en susters nie in staat gewees het om weerstand te bied in hierdie intense geveg nie. Maar te danke aan jou geskenke, ontvang baie van hierdie Christene kos, mediese hulp, klere, skuiling en dissipelskap wat hulle nodig het om te oorleef. Dankie!

Back To Top
Soek