Skip to content

Kyk: Geheime gelowiges se vreugdevolle doop in Sirië

Ons het hierdie naweek die vreugde ervaar van ʼn byeenkoms in ʼn plaaslike kerk hier in Suid-Afrika. Ondanks Covid-19-regulasies, is vyf mense in die pragtige fasiliteit voor honderde kerkgangers gedoop as ʼn openbare aankondiging van hul geloof in Jesus.

Dit was vir my ʼn baie roerende oomblik om te hoor hoe ʼn seun sy ouers bedank vir hul onderrig, leiding en liefde – wat hom in staat gestel het om hierdie belangrike stap op 14-jarige ouderdom te neem. As ʼn ouer smag ek daarna dat my dogter in die toekoms dieselfde stap sal neem.

Ná die doopgeleenthede het die pastoor se preek ʼn boodskap van geloof oorgedra, wat ons uitdaag om verder as die geestelike ooreenkoms met die Woord te gaan, met gevoelens oor God se teenwoordigheid as ʼn lewensomvattende reaksie en aktiewe geloof.

Hierdie ervaring laat my dink oor hoe hierdie belangrike geloofstap deur ons vervolgde broers en susters gevier word in plekke waar dit nie net moeilik is om Jesus te volg nie, maar ook gevaarlik. Een só ʼn plek is Sirië.

Ondanks die feit dat Sirië vanaf 2020 tot 2021 ʼn plek afgeskuif het op die Wêreldwaarnemingslys (#12) – weens die voortgesette groei in die aantal bekeerlinge vanaf Islam na Christenskap – word ʼn toename in oortredings teen Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond verwag. Hierdie nuwe gelowiges het in die meeste gevalle nie hul familie se ondersteuning nie – hulle naaste familielede plaas hulle dikwels in die grootste gevaar wanneer hul bekering aan die lig kom. Koerdiese Christene word dikwels gedwing om ondergronds te gaan.

Ondanks die onafwendbare bedreiging vir hul veiligheid, het Koerdiese gelowiges in Sirië onlangs die stap geneem om hul geloof in Jesus in die openbaar te verklaar deur gedoop te word. Dit was ʼn vreugdevolle geleentheid waarvan jy ook nou ʼn getuie kan wees. Kyk hier >>

Sluit by my aan in gebed vir hierdie gelowiges:

“Here Jesus, U het as deel van U Groot Opdrag voordat U in die hemel opgeneem is, gesê: ‘Wie ook al glo en gedoop word, sal gered word; maar wie ook al nie glo nie, sal veroordeel word.’ Ons dank U vandag vir elke gelowige in Sirië wat glo en volgens hul geloof optree. Versterk hulle sodat hulle te midde van onsekerheid en gevaar getrou sal bly. Ons dank U dat U aanhou om U Kerk uit te bou – selfs in die moeilikste plekke. Laat U Koninkryk deur die donkerte breek vir U glorie. Amen.”

Vrede
XX
Lynette

Back To Top
Soek