Skip to content

Kwesbare meisies benodig jou gebede vir beskerming

Baie Christenmeisies in die vervolgde Kerk staar die risiko in die gesig om ontvoer te word en in huwelike gedwing te word. Gedurende die 2018 Wêreldwaarnemingslys verslagdoeningsperiode, is nagenoeg 2,260 vroue, waarvan ons weet, verkrag, seksueel geteister of in huwelike gedwing, vanweë die eenvoudige rede dat hulle Christus volg.

In een so geval is 13-jarige Helen ontvoer in een van Nigerië se noordelike sjaria-beheerste state terwyl sy op pad terug was van die kerk af. Sy is in ʼn huwelik met ʼn Moslemman gedwing, sonder haar ouers se toestemming.

In sulke gevalle, stel jou ondersteuning Geopende Deure se voorspraakspanne in staat om in te tree, dikwels deur families van fondse te voorsien om ʼn prokureur aan te stel om die saak in die hof te beveg. Ongelukkig beteken dit nie dat ouers hul dogter sal terugkry wanneer hulle hof toe te gaan nie… En veral nie in plekke soos Nigerië waar minderjarige huwelike toegelaat word nie.

Bid asseblief vir hierdie kwesbare Christenmeisies – dat God hulle sal beskerm. Bid ook vir krag en waagmoed vir die wat reeds ontvoer is, en dat elke een die kans sal kry om met hul families herenig te word.

*Verteenwoordigende foto gebruik.

Back To Top
Soek