Skip to content

Kom ons wees lief vir ons Moslembure hierdie Ramadan

In Matteus 5:44 beveel Christus ons om ons vyande lief te hê en vir dié te bid wat ons vervolg.

Dus, van 5 Mei tot 4 Junie, nooi ons jou uit om saam met ons te bid, nie net vir Christene wat vervolging in Moslemnasies ervaar nie, maar ook vir die saligheid van meer as 1,8 biljoen Moslems wat gedurende dié periode vas vir Ramadan.

Gedurende Ramadan poog Moslems met erns om hulself tot Allah te nader. As ʼn gevolg van hierdie tydperk van verhoogde passie en toewyding, kan die ekstremistiese uitdrukkings van Islam meer gewelddadig raak, met die gevolg dat vervolging teenoor Christene in Islamitiese lande verskerp. Bid asseblief dat die Here Moslems se oë sal oopmaak om die waarheid in Hom te herken.

Back To Top
Soek