skip to Main Content

Kom ons vier hierdie groot tree vorentoe – en bid gedurende Ramadan

Dankie dat jy deel was van die 2018–2019 Wêreldwye Somersaanslag! Jou geskenke het ons baie naby gebring aan die bereiking van die R11,742,442-doelwit, so nou sal meer vervolgde gelowiges om die wêreld die sorg en ondersteuning ontvang wat hulle dringend benodig.

Jou liefde en ondersteuning vir ons broers en susters in Asië, Afrika, die Midde-Ooste en om die wêreld, help om hulle in die geloof te anker, sodat hulle met waagmoed vir Christus kan staan te midde van toenemende vervolging.

Namate ons dus voortgaan om diegene te dien wat op die frontlinies van ons geloof veg, onthou asseblief ook om te bid gedurende Ramadan – die Moslemmaand van gebed en vas – van 5 Mei tot 4 Junie. Bid vir Christene wat in Moslemareas woon, en ook vir Moslems om Jesus te leer ken.

Dankie vir jou vennootskap om te help om die te “versterk wat oorbly” (Openbaring 3:2) en God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos!

Back To Top
Soek