Skip to content

In die Loopgraaf

Op 18 Augustus 2017, in die kusdorp van Kasala Kairu, Kenia, is vier mans brutaal deur Al-Sjabaab vermoor.

ʼn Groep mans het na die huis van Changawa Muthemba (in sy 40’s) gegaan en hom na die nabye huis van sy swaer en ʼn ouderling van die plaaslike kerk, Joseph Kasena (42), gesleep, waar sy buurman Kadenge Katana (17) gekuier het.

Die mans is met kapmesse aangehou en gesê om die Shahada (ʼn Islamitiese geloofsbelydenis in die eenheid van Allah, en Mohammed as sy profeet) op te sê. Toe hulle dit nie opsê nie, is hulle vasgemaak. Die mans het teëstand gebied en is toe doodgekap. Die aanvallers is toe na die huis van Joseph se geestelik gestremde ouer broer, Charo Karisa (laat 40’s) en het hom ook doodgemaak.

Joseph se vrou, Caroline (laat 30’s), het gesien hoe alles gebeur en is erg getraumatiseer. Genadiglik was haar 17-jarige dogter by familie in ʼn nabye dorp.

Bid asseblief vir die vertroosting van die bedroefde families. Bid ook vir Caroline wat alles gesien gebeur het. Jy kan opendoors.org.za/skryf besoek om vir haar ʼn brief van bemoediging te stuur.

*Verteenwoordigende foto gebruik.

Back To Top
Soek