Skip to content

Jy versterk Christen-bekeerlinge in China

Gelowiges van Moslem- of Boeddhistiese agtergronde is die mees vervolgde groep Christene in China – veral diegene van ʼn Tibettaanse Boeddhistiese agtergrond. Een van hul dringendste behoeftes is vir meer Bybels in hul eie taal, sodat hulle versterk kan word in hul geloof namate hulle vervolging ervaar van China se kommunistiese regering – en selfs hul eie families.

Baie van hierdie Christenbekeerlinge kan nie Mandaryns praat nie – die taal wat deur die meeste mense in China gepraat word. En baie van hierdie gelowiges is ook ongeletterd, dus benodig hulle oudio- en video-weergawes van die Evangelie.

“Ons benodig soveel as moontlik Bybels in ons eie taal,” sê Chandaka*, ʼn kerkleier vir Christene van ʼn Moslemagtergrond. “Ons weet nie waar om hierdie Bybels te kry nie, so bring asseblief soveel as wat julle kan. Baie broers en susters benodig dit!”

Die regering wat egter hul beheer oor sekuriteit en beperkings verskerp het, maak dit gevaarlik om Christelike boeke en elektroniese materiaal te vervaardig en af te lewer. En siende dat baie van hierdie gelowiges in verafgeleë gebiede woon, is daar ʼn groot behoefte aan bystand om die Bybel te vertaal sodat hulle dit kan verstaan, sowel as om God se Woord veilig by hulle uit te kry.

Ten spyte van hierdie uitdagings maak jou vennootskap met Geopende Deure die weg oop om meer gelowiges van hul eie Bybel te voorsien. Jou ondersteuning help om Bybels en ander Christelike materiale te vervaardig en af te lewer by daardie gelowiges wat verlang na die vertroosting en krag van God se Woord.

Dankie vir jou vennootskap wat help om die Woord van God aan hierdie gelowiges te bring op ʼn manier wat hulle kan verstaan.

As jy die vreugde kon sien wat dit aan hierdie gelowiges bring wanneer hulle hul eie Bybel ontvang, sal jy dit eens hê dat dit die risiko’s werd is…

Toe Han* – ʼn plaaslike Christen wat van Islam bekeer het – sy eie Bybel in sy eie taal ontvang het, het sy oë opgehelder asof hy ʼn skat ontdek het. “Baie dankie!” het hy uitgeroep. “Ek droom al so lank van my eie Bybel!”

Wanneer Chinese gelowiges hul eie Bybel ontvang, help dit hulle om meer oor God te leer en versterk dit hulle om Hom te volg in ʼn kultuur waar die aanbidding van meer as een god die standaard is en aangemoedig word.

Dankie vir jou vennootskap wat help om die Woord van God aan hierdie gelowiges te bring op ʼn manier wat hulle kan verstaan. Jy help om gelowiges te versterk in van die mees afgeleë gebiede in China. Bid asseblief saam met ons dat die Here hierdie vervolgde Christene in China sal beskerm, sowel as jou Geopende Deure-medewerkers op grondvlak, wanneer hulle bymekaar kom om geloofsopbouende Christelike materiale te ontwikkel, te vertaal en veilig af te lewer.

*Name verander en verteenwoordigende foto’s gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek